Zoar | |
---|---|
Koördinate: 33°29′S 21°26′O / 33.483°S 21.433°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Tuinroete |
Munisipaliteit | Kannaland |
Stigting | 1817 |
Oppervlak | |
• Totaal | 49,10 km2 (18,96 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 4 659 |
• Digtheid | 95/km2 (250/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 95.0% |
• Swart mense | 4.0% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 96.9% |
• Engels | 1.5% |
• Ander | 1.6% |
Poskode (strate) | 6656 |
Skakelkode | 028 |
Zoar is 'n nedersetting aan die R62 provinsiale pad, 21 km oos van Ladismith in die rigting van Calitzdorp. Die dorpie lê direk wes van Amaliënstein.
Die nedersetting is 3 km lank, lê op die noordelike oewer van die riviertjie wat uit die Seweweekspoort kom en dan aan die voet van die Amaliënsteinrif verbyvloei. Tydens die sensus van 1891 in die Kaapkolonie was hier 1 400 inwoners. Nou staan die getal op nagenoeg 4 660. Werkloosheid en armoede is besonder groot. Op beperkte skaal word appels en vye gelewer. Toerisme kan dalk 'n bydrae tot die ekonomie lewer. Zoar se droë klimaat en afgesonderdheid maak dit ideaal geskik vir die produksie van organiese saad. Hierdie saadproduksie word ondersoek as 'n projek vir werkskepping en die opheffing van mindergegoedes.