Alaska

Deelstaat Alaska
alt alt
Vlag van Alaska Seël
Bynaam(e): The Last Frontier, The Great Land
alt
Kaart mat Alaska uitgelig
Amptelike taal(e) Geen
Gesproke taal(e) Engels 89,7 %, inheemse tale 5,2 %, Spaans 2,9 %
Hoofstad Juneau
Grootste stad Anchorage
Area  1ste in die V.S.
 - Totaal 1 530 693 km2
 - Wydte 1 300 km
 - Lengte 2 380 km
 - Water 53 432 km2
 - % water 13,77 %
 - Breedtegraad 51°20'N tot 71°50'N
 - Lengtegraad 130°W tot 172°E
Bevolking  47ste in die V.S.
 - Totaal 736 081[1]
 - Digtheid 0,46/km2
50ste in die V.S.
Hoogte  
 - Hoogste punt Denali (Mount McKinley)
6 193,7 m
 - Gemiddeld 580 m
 - Laagste punt Stille Oseaan
seevlak
Toetrede tot die Unie  3 Januarie 1959 (49ste)
Goewerneur Michael J. Dunleavy (R)
Luitenant-Goewerneur Nancy Dahlstrom (R)
Wetgewer Alaska Wetgewer
 - Hoërhuis Senaat
 - Laerhuis Huis van Verteenwoordigers
V.S. Senatore Lisa Murkowski (R)
Dan Sullivan (R)
Tydsone UTC-10 /-9 / Somertyd UTC-9 /-8
Afkortings AK US-ALK
Webblad www.alaska.gov

Alaska (Engels: [əˈlæskə], ; Russies: Аляска), amptelik die Deelstaat Alaska (State of Alaska), is 'n deelstaat van die Verenigde State aan die noordweskus van Noord-Amerika. Dit is die grootste deelstaat met 'n oppervlakte van 1 530 693 vierkante kilometer (wat gelykstaan aan byna 'n vyfde van die 49 ander deelstate se totale oppervlakte) – en die grootste skiereiland in die Westelike Halfrond. Alaska se hoofstad is Juneau en die grootste stedelike nedersetting is Anchorage. Die deelstaat word in die noorde deur die Arktiese Oseaan, in die ooste deur Kanada (provinsies: Yukon en Brits-Kolombië), in die suide deur die noordelike Stille Oseaan, en in die weste deur die Beringstraat begrens. Die bekendste byname, wat aan Alaska gegee is, is Die Laaste Landgrens (Engels: The Last Frontier) en Die Groot Land (The Great Land). Die naam Alaska is afgelei uit die Aleoetiese alaxsxaq ("die vasteland", of, volgens 'n meer presiese vertaling "die voorwerp waarop die see se handelinge gerig is").[2]

Sanfordberg in die Wrangellberge
Anchorage, die grootste stedelike nedersetting in die deelstaat, op 'n koue Januariedag in 2008
Die spoorwegmaatskappy Alaskan Railroad (ARR) bied ook spesiale toere vir toeriste aan soos treinuitstappies na die Spencer-gletser met die Glacier Discovery Train
Ketchikan, die vyfde mees bevolkte nedersetting in Alaska

Die eerste Europeërs het Alaska eers in 1741 begin verken toe Russiese ekspedisies hier voet aan wal gesit het – en die eerste Europese naam aan die land gegee het: Bolsjaja Zemlja of "die Groot Land" – 'n Russiese benaming wat voortleef in die Engelse bynaam The Great Land. Al het Rusland vervolgens aanspraak gemaak op die mees noordelike deel van die Noord-Amerikaanse vasteland, was Alaska onder Russiese bewind nouliks meer as 'n buitepos vir klein groepe jagters en handelaars.

Ná die Krimoorlog (1853–1856) was Rusland se staatskas leeg, terwyl ook die Russiese leër se slaankrag en vegvermoë in twyfel getrek moes word. Die Russiese kolonies in Noord-Amerika is as onverdedigbaar beskou, gegewe die aktiwiteite van ander groot koloniale moondhede soos die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State wat as mededingers in die gebied opgetree het. So was dit 'n maklike besluit vir die Russiese tsaar en sy raadgewers om die gebied op 30 Maart 1867 vir $7,2 miljoen (ongeveer twee sent per akker) aan die Verenigde State te verkoop. Na die transaksie, wat deur die Staatsekretaris William H. Seward gehanteer is, is deur Amerikaanse media as Seward's Folly verwys aangesien die ekonomiese waarde van die gebied destyds bevraagteken is.

Eers toe twee goudstormlope – in Juneau in 1880 en die Kanadese Yukon-gebied in 1897 – duisende delwers na Alaska laat stroom het, het die Amerikaanse publiek sy aandag op die noordelike besitting begin vestig. Die waarde van Alaska se jaarlikse goudontginning het van $800 000 in 1890 tot $9 miljoen in 1904 gestyg.[3] Die administratiewe insluiting by die Unie was 'n langdurige proses. Vanaf 1906 is Alaska deur 'n verteenwoordiger sonder stemreg in die Amerikaanse Kongres verteenwoordig. Ses jaar later het die Kongres met die Wet oor die Alaskagebied (Alaska Territory) die eerste territoriale wetgewende vergadering geskep wat uit 'n laerhuis en senaat bestaan het, met agt senatore en sestien verteenwoordigers (twee senatore en vier verteenwoordigers vir elkeen van die vier geregtelike distrikte waarin die gebied destyds onderverdeel is).[4]

Maar eers in 1959 is die politieke aspirasies van sy bewoners vervul toe Alaska as 49ste deelstaat tot die Unie toegelaat is. Die Arktiese Sirkelroete tussen die Verenigde State en Asië was gedurende die Tweede Wêreldoorlog en die Koue Oorlog van groot strategiese belang. Die permanente stasionering van militêre personeel in Alaska het grootliks bygedra tot die deelstaat se vinnige bevolkingsgroei, terwyl sy ekonomie en infrastruktuur deur federale befondsing ontwikkel is. Die ekonomiese basis is verder verstewig met die ontsluiting van groot olie- en aardgasvelde.

  1. (en) "2020 Census Apportionment Results". Amerikaanse Sensuskantoor. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2021. Besoek op 26 April 2021.
  2. (en) Claus-M. Naske and Herman E. Slotnick: Alaska. A History of the 49th State. Sagteband-uitgawe. Norman: University of Oklahoma Press 1994, bl. 5
  3. (en) Naske/Slotnick (1994), bl. 3
  4. (en) 100 Years of Alaska's Legislature. Besoek op 24 Junie 2018

Alaska

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne