| |||||
Nasionale leuse: Virtus Unita Fortior (Latyn vir: "Verenigde deug is sterker") | |||||
Volkslied: El Gran Carlemany, Mon Pare (Katalaans vir: "Karel die Grote, my Vader") | |||||
Hoofstad | Andorra la Vella | ||||
Grootste stad | Andorra la Vella | ||||
Amptelike tale | Katalaansa | ||||
Regering | Unitêre parlementêre semi-elektiewe diargie Joan Enric Vives Sicília Emmanuel Macron Josep Maria Mauri Patrick Strzoda Xavier Espot Zamora | ||||
Onafhanklikheid • van die Kroon Aragon
• van die Franse Ryk • Huidige grondwet |
8 September 1278[1][2] 1814 2 Februarie 1993 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
467,63 km2 (178ste) 180,55 myl2 0,26b[3] | ||||
Bevolking - 2021-skatting - 2014-sensus - Digtheid |
79 535[4] (203de) 76 949[5] 179,8 / km2 (71ste) 465,7 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,858[7] (40ste) – baie hoog | ||||
Gini (2003) | 27,21c[8] – laag | ||||
Geldeenheid | Eurod (€ )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
MET (UTC+1) MEST (UTC+2) | ||||
Internet-TLD | .ade | ||||
Skakelkode | +376 | ||||
a. Grondwet van Andorra, Artikel 2.1. Spaans, Frans en Portugees word ook regoor die land gepraat en verstaan (sien Tale van Andorra.) b. Girard P & Gomez P (2009), Lacs des Pyrénées: Andorre. "Andorra en xifres 2007: Situació geogràfica, Departament d'Estadística, Govern d'Andorra" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 November 2009. Besoek op 1 April 2015. c. "Informe sobre l'estat de la pobresa i la desigualtat al Principal d'Andorra (2003)" (PDF). Estadistica.ad. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 10 Augustus 2013. Besoek op 1 April 2015. d. Voor 1999 is die Franse frank en Spaanse peseta gebruik; die note en munte van beide eenhede is egter as wettige betaalmiddel aanvaar tot 2002. Klein hoeveelhede van die Andorrese diner (gedeel in 100 centim) is gemunt na 1982. e. Daarbenewens word ook .cat gebruik, gedeel met die Katalaanssprekende gebiede. |
Andorra (Katalaans: [ənˈdorə], ), amptelik die Prinsdom Andorra (Katalaans: Principat d'Andorra, [pɾinsiˈpad dənˈdorə]), ook genoem die Prinsdom die Valleie Andorra[9] (Katalaans: Principat de les Valls d'Andorra), is 'n landingeslote dwergstaat in Suidwestelike Europa, geleë in die oostelike Pireneë en omgrens deur Spanje en Frankryk. Dit is die sesde kleinste nasie in Europa, met 'n oppervlakte van 468 km2 (181 vk. myl) en 'n beraamde bevolking van 85 470 (2014). Die hoofstad, Andorra la Vella, is die hoogsliggende hoofstad in Europa teen 1 023 meter (3 356 vt) bo seevlak.[10] Die amptelike taal is Katalaans, hoewel Spaans, Portugees en Frans ook algemeen gepraat word.[11][12]
Die huidige prinsdom gevorm in 1278, het onder 'n handves van 988 tot stand gekom. Andorra staan bekend as 'n prinsdom aangesien dit 'n monargie is gelei deur twee mederegerende prinse – die Biskop van Urgell en die President van Frankryk.
Andorra is 'n welvarende land, grootliks te danke aan sy toerismebedryf, wat 'n geskatte 10,2 miljoen besoekers jaarliks bedien,[13] en ook danksy sy status as belastingtoevlugsoord. Dit is nie 'n lid van die Europese Unie nie, maar die euro is die de jure geldeenheid. Die inwoners van Andorra het die vierde hoogste lewensverwagting in die wêreld – 82 jaar by geboorte.[14]