Blitsskare

'n Blitsskare by die Canterbury-museum op 13 Februarie 2010.

'n Blitsskare of kitsskare (Engels:flashmob)[1] beskryf 'n groep mense wat volgens instruksies op 'n gegewe tyd in 'n publieke ruimte bymekaarkom, iets ongewoon doen (dikwels vir die doeleindes van vermaak, satire en artistieke uitdrukking) vir 'n kort tydsbestek en dan weer vinnig uitmekaargaan.[2][3][4] Hulle word gewoonlik georganiseer met die hulp van digitale kommunikasie instrumente (soos selfone) of sosiale media. Die mense wat aan sodanige aksie deelneem is gewoonlik nie persoonlik aan mekaar bekend nie. [5][6][7][8][9]

Die term, wat in 2003 geskep is, word oor die algemeen nie toegepas op geleenthede en optredes wat georganiseer word vir die doeleindes van politiek (soos protes), kommersiële advertensies, publisiteitsfoefies wat skakelfirmas , of betaalde professionele persone, betrek nie.[7][10][11] In hierdie gevalle van 'n beplande doel vir die betrokke sosiale aktiwiteit, word die term slimskare (smart mobs) dikwels eerder toegepas.

  1. "Facebook flashmob shuts down station". CNN.com. 9 Februarie 2009.
  2. "Va-va-voom is in the dictionary". BBC. 8 Julie 2004. Besoek op 5 Mei 2010.
  3. "definition of flash mob from Oxford English Dictionaries Online". Oxford University Press. 8 Julie 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2011. Besoek op 9 Mei 2010.
  4. "Mixed feelings over Philadelphia's flash-mob curfew". BBC. 12 Augustus 2011.
  5. Athavaley, Anjali (15 April 2008). "Students Unleash A Pillow Fight On Manhattan". Wall Street Journal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2009. Besoek op 19 Mei 2008.
  6. Fitzgerald, Sean D. (21 Maart 2008). "International Pillow Fight Day: Let the feathers fly!". National Post. Canada. Besoek op 19 Mei 2008.[dooie skakel]
  7. 7,0 7,1 Judith A. Nicholson. "Flash! Mobs in the Age of Mobile Connectivity". Fibreculture Publications/Open Humanities Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2010. Besoek op 15 Julie 2009.
  8. "Time Freezes in Central London". ABC News. 30 April 2008. Besoek op 25 Januarie 2009.
  9. Sandra Shmueli (8 Augustus 2003). "'Flash mob' craze spreads". CNN.
  10. "Manifestul Aglomerarilor Spontane / A Flashmob Manifesto". Desember 5, 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op Februarie 9, 2007. Besoek op Desember 27, 2011.
  11. Ed Fletcher (23 Desember 2010). "Failed choral 'flash mob' may not have qualified for term". Toronto Star. Besoek op 30 Desember 2010.

Blitsskare

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne