Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
'n Boomtamatie ((en) persimmon) is die eetbare vrug van 'n aantal spesies van bome in die genus Diospyros. Die mees wydverboude van hierdie is die Asiatiese of Japannese persimmon, Diospyros kaki.[1] Diospyros val in die familie Ebenaceae, en 'n aantal nie-persimmonspesies van die genus word verbou vir ebbehout.
Die woord persimmon is afgelei van pasiminan, of pessamin, wat beteken "droë vrugte".[2]