Cavia | |
---|---|
Cavia aperea | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Mammalia |
Orde: | Rodentia |
Familie: | Caviidae |
Subfamilie: | Caviinae |
Genus: | Cavia Pallas, 1766 |
Tipespesie | |
Cavia cobaya |
Cavias is 'n genus van wilde knaagdiere in die Caviidae familie. Die genus kom voor in Suid-Amerika. Een spesie, die Cavia porcellus, is reeds sedert die dae van die Inkas huismak, en het oral ter wêreld 'n troeteldier vir kinders geword. Cavias is egter ook die proefdiere wat die meeste in mediese en ander laboratoriums gebruik word. Hoewel hulle baie keer verkeerdelik marmotte genoem word, is hulle dit nie.