Dwergpapegaaie

Agapornis
'n Rooiwangparkiet eet sade in Chicago, VSA.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Superfamilie:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Agapornis

Selby, 1836
Spesies

Nege - sien teks

Dwergpapegaaie (Agapornis) is 'n genus van papegaaiagtige voëls (Psittaciformes) wat in Afrika voorkom. In Engels staan die voëls as "lovebirds" bekend, afgelei vanaf hul wetenskaplike naam, Agapornis (Grieks: αγάπη agape 'liefde'; όρνις ornis 'voëls'). Hulle is klein, liefdevolle en sosiale papegaaie. Sommige van hierdie spesies word as troeteldiere aangehou. Hulle word tussen 10 en 15 jaar oud.[1]

Parkiete is klein papegaaie met lang sterte wat oral ter wêreld gewilde houvoëls is, maar net in die warmer streke wildlewend voorkom. In Suid-Afrika is 2 spesies inheems. In die natuur leef parkiete in groot groepe en in hul trektogte op soek na kos en water kan hulle aansienlike skade aan graan aanrig. Baie parkiete aard goed in gevangenskap. Die gewildste onder die wat as kouvoëls aangehou word, is die grasparkiet, wat oorspronklik van Australië kom.

Die benaming parkiet dui op 'n groot aantal klein papegaaie (orde Psittaciformes) met lang sterte. Net soos hul groter soortgenote het parkiete ook krom snawels en stewige pote en is hulle dikwels helderkleurig. Om die snawelbasis en neusgate is daar 'n washuid. Parkiete kom wildlewend in alle warm wêrelddele, met uitsondering van Europa, voor, maar die meeste spesies word in Australië en Suid-Amerika aangetref.

Oor die algemeen leef parkiete in groot groepe van soms selfs ʼn duisend en hulle trek voortdurend van plek tot plek op soek na kos en water. Die meeste spesies kan ongunstige omstandighede soos droogtes goed deurstaan. Hul voedsel bestaan hoofsaaklik uit saad en vrugte en wanneer 'n groot groep op 'n graanland toesak, kan hulle aansienlike skade aanrig.

Mannetjies en wyfies vorm pare en maak hul neste net soos ander papegaaie in gate in bome of in rotssplete. Hulle bou nie 'n stewige nes nie, maar lê 4 tot 10 eiers op die bodem van die gat, wat soms met takkies of stukkies hout bedek word. Die wyfie begin broei sodra die eerste eiers gelê is en die kuikens kom dan ook nie almal tegelykertyd uit nie. Die mannetjie help nie broei nie, maar bly in die nabyheid van die nes om dit te bewaak en die wyfie te voer. Die kuikens broei na 16 tot 21 dae uit en word deur albei ouers versorg.

  1. Alderton, David (2003). The Ultimate Encyclopedia of Caged and Aviary Birds. London, England: Hermes House. pp. 216–219. ISBN 1-84309-164-X.

Dwergpapegaaie

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne