Everest | |
---|---|
Ligging | Solukhumbu Distrik, Sagarmatha Sone, Nepal. Tingri-streek, Xigazê-prefektuur, Tibet, China |
Hoogte | 8 848,86[1] meter bo seevlak |
Prominensie | 8 848,86 |
Reeks | Himalaja |
Koördinate | 27°59′17″N 86°55′31″O / 27.98806°N 86.92528°O |
Eerste bestyging | 29 Mei 1953 |
Eerste bestyger(s) | Edmund Hillary Tenzing Norgay |
Maklikste roete | Rotsklim/sneeu, Suidelike roete |
Everest (Nepalees: सगरमाथा Sagarmāthā; Chinees: 珠穆朗玛峰 Zhūmùlǎngmǎ Fēng; Tibettaans: ཇོ་མོ་གླང་མ Chomolungma) is 'n berg in die Himalajagebergte wat op die grens tussen Nepal en Tibet geleë is. Met sy hoogte van 8 848,86 meter is dit die hoogste berg op land. Everest is egter nie die hoogste berg op aarde nie; Mauna Kea (Hawaii) is vanaf die seebodem gemeet die hoogste. Die berg is genoem na die Britse geoloog sir George Everest. Everest se amptelike hoogte is in 2020 deur sowel Chinese as Nepalese gesaghebbendes op 8 848,86 meter (sneeuhoogte) bepaal.[2] Die Chinees-Nepalese grens verloop op die bergpiek.