Algemeen | |
---|---|
Naam | Ferroseen |
IUSTC-naam | Ferroseen[1] |
Ander name | Disiklopentadienielyster Bis(η5-siklopentadieniel)yster |
Chemiese formule | C10H10Fe |
Molêre massa | 186,04 g•mol-1 |
CAS-nommer | 102-54-5 |
Voorkoms | ligte oranje poeier |
Reuk | kamferagtig |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | 172,5 °C |
Kookpunt | 249 °C |
Digtheid | 1,107 g•cm-3 (teen 0 °C) |
Oplosbaarheid | Onoplosbaar in water, oplosbaar in die meeste organiese oplosmiddels |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Ferroseen is 'n organometaalverbinding met die formule Fe(C5H5)2. Die molekule bestaan uit twee siklopentadienielringe wat aan weerskante van 'n sentrale ysteratoom gebind is.
Dit is 'n oranje vaste stof met 'n kamferagtige reuk met 'n sublimasietemperature bo kamertemperatuur en is oplosbaar in die meeste organiese oplosmiddels. Dit is opmerklik vanweë sy stabiliteit: dit word nie beïnvloed deur lug, water, sterk basisse nie, en kan tot 400 °C verhit word sonder om te ontbind. In oksiderende toestande kan dit omkeerbaar met sterk sure reageer om die ferroseeniumkatioon [Fe(C5H5)2]+.[2]
Die vinnige groei van organometaalchemie word dikwels toegeskryf aan die opwinding wat voortspruit uit die ontdekking van ferroseen en sy vele analoë (metalosene).