Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Glimepiried

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Glimepiried
Chemie
Chemiese formule C24H34N4O5S
Molêre massa 490.62 g/mol
Smeltpunt 207 °C
CAS-nommer 93479-97-1
Farmakokinetika
Biobeskikbaarheid 100%
Proteïengebonde >99.5%
Metabolisme Volledig deur die lewer
Uitskeiding Uriene (~60%), fesies (~40%)
Halfleeftyd 5-8 uur

Glimepiried is 'n anti-diabetiese medikasie wat gebruik word om tipe 2-diabetes te behandel.[1][2] Dit word minder verkies as metformien.[3] Gebruik word saam met dieet en oefening aanbeveel.[3] Dit word per mond geneem.[3] Glimepiried neem tot drie uur vir maksimum effek en duur ongeveer 'n dag.[3]

Algemene newe-effekte sluit in hoofpyn, naarheid en duiseligheid.[3] Ernstige newe-effekte kan lae bloedsuiker insluit. Gebruik tydens swangerskap en borsvoeding word nie aanbeveel nie.[4] Dit werk hoofsaaklik deur die hoeveelheid insulien wat uit die pankreas vrygestel word, te verhoog.[3] Dit word geklassifiseer as 'n tweede generasie sulfonielureum.[5]

Twee generiese mondelinge tablette van glimepiried, 2 mg elk

Glimepiride word aangedui vir die behandeling van tipe 2-diabetes mellitus; sy werking is om insulienafskeiding deur die pankreas te verhoog. Dit vereis egter voldoende insuliensintese as voorvereiste om toepaslik te werk. Dit word nie vir tipe 1-diabetes gebruik nie, want by tipe 1-diabetes is die pankreas nie in staat om insulien te vervaardig nie.[6]

  1. "Glimepiride Monograph for Professionals". Drugs.com (in Engels). American Society of Health-System Pharmacists. Besoek op 3 Maart 2019.
  2. British national formulary : BNF 76 (76 uitg.). Pharmaceutical Press. 2018. p. 693. ISBN 9780857113382.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 3,4 3,5 "Glimepiride Monograph for Professionals". Drugs.com (in Engels). American Society of Health-System Pharmacists. Besoek op 3 Maart 2019.
  4. "Glimepiride Pregnancy and Breastfeeding Warnings". Drugs.com (in Engels). Besoek op 3 Maart 2019.
  5. Davis SN (2004). "The role of glimepiride in the effective management of Type 2 diabetes". J. Diabetes Complicat. 18 (6): 367–76. doi:10.1016/j.jdiacomp.2004.07.001. PMID 15531188.
  6. "Glimepiride: MedlinePlus Drug Information". nih.gov.

Previous Page Next Page






جليميبرايد Arabic قلیمپرید AZB Glimepirid CY Glimepirid German Γλιμεπιρίδη Greek Glimepiride English Glimepirida Spanish گلیمپیرید FA Glimepiridi Finnish Glimépiride French

Responsive image

Responsive image