Hetiete

Hetitiese Ryk
1600 v.C. – 1178 v.C. Flag
Ligging of Hetiete
Ligging of Hetiete
Die Hetitiese Ryk omstreeks 1400 v.C. in blou
Hoofstad Hattusa
Taal/Tale Hetities, Luwies
Regering Monargie
Koning Labarna I (eerste)
Suppiluliuma I (laaste)
Historiese tydperk Bronstydperk
 - Gevestig 1600 v.C.
 - Stigting 1600 v.C.
 - Ontbinding
 - Ontbind 1178 v.C.

Die Hetiete of Hittiete was 'n Anatoliese Indo-Europese volk wat in die Bronstydperk een van die eerste groot beskawings in Wes-Asië gevorm het. Hulle het waarskynlik van oorkant die Swartsee gekom[1] en hulle in die vroeë 2de millennium v.C. in die hedendaagse Turkye gevestig.

Hulle het 'n reeks state in Noordsentraal-Anatolië gevestig, insluitende die koninkryk Kussara (voor 1750 v.C.), die Kanesj- of Nesja-koninkryk (omstreeks 1750-1650 v.C.) en 'n ryk wat om Hattusa gesentreer was (omstreeks 1650 v.C.).[2][3] Dit was in die moderne tyd as die Hetitiese Ryk of Hittitiese Ryk bekend. Dit het in die middel 4de eeu v.C. 'n hoogtepunt bereik onder Šuppiluliuma I, toe dit die grootste deel van Anatolië en dele van die Noord-Levant en Bo-Mesopotamië beslaan het.

Die Hetitiese Ryk. Rooi: uitbreiding omstreeks 1590 v.C.; oranje: uitbreiding omstreeks 1300 v.C. Die Egiptiese invloedsfeer is groen.
Die gerekonstrueerde stadsmuur van Hattusa.

Tussen die 15de en 13de eeu v.C. was die Hetiete een van die oorheersende magte in die Naby Ooste en het hulle gebots met die Nuwe Ryk van Egipte, die Middel-Assiriese Ryk en die ryk Mitanni. Teen die 12de eeu v.C. was 'n groot deel van die Hetitiese Ryk deur die Middel-Assiriese Ryk geannekseer, en die res is geplunder deur Frigiese nuwe aankomelinge in die streek. Van die laat 12de eeu v.C. af, tydens die verval van die Bronstydperk, het die Hetiete versplinter in verskeie klein onafhanklike state. Van hulle het tot die 8ste eeu v.C. bly bestaan voordat hulle voor die Nieu-Assiriese Ryk geswig het. Hulle afstammelinge het versplinter en is eindelik in die moderne bevolkings van die Levant en Mesopotamië opgeneem.[4]

Hetities (onder sy sprekers bekend as Nesjili, "die taal van Nesja") was 'n verlangse lid van die Anatoliese tak van die Indo-Europese taalfamilie. Saam met die nabyverwante Luwies is dit sover bekend die oudste Indo-Europese taal.[5]

Die geskiedenis van die Hetitiese beskawing is hoofsaaklik bekend uit tekste in wigskrif wat in voormalige Hetitiese gebiede ontdek is, en uit diplomatieke en kommersiële korrespondensie uit verskeie argiewe van Assirië, Babilonië, Egipte en die breër Midde-Ooste. Die ontsyfering van dié tekste was 'n belangrike gebeurtenis in die geskiedenis van Indo-Europese studies. Kultuurbande met die prehistoriese Skandinawië is ook al voorgestel.[6][7]

Moderne belangstelling in die Hetiete het toegeneem met die stigting van die Republiek Turkye in 1923. Die Hetiete het die aandag getrek van bekende Turkse argeoloë. In dié tyd het die nuwe veld Hetitologie ook die benamings van Turkse instelling beïnvloed, soos Etibank ("Hetitiese Bank") in staatsbesit,[8] en gelei tot die stigting van die Museum van Anatoliese Beskawings in Ankara, wat 200 km wes van die Hetitiese hoofstad, Hattusa, gebou is en die wêreld se omvattendste uitstalling van Hetitiese kuns en artefakte bevat.

  1. "Hittite | Definition, History, Achievements, & Facts". Encyclopædia Britannica. (2023-10-01). 
  2. Kloekhorst & Waal 2019.
  3. Kloekhorst 2020.
  4. "Sea Peoples". Ancient History Encyclopedia. September 2009. Geargiveer 18 Junie 2018 op Wayback Machine
  5. "The peaks and troughs of Hittite". 7 Julie 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2017. Besoek op 19 Desember 2016.
  6. Kristiansen, Kristian; Larsson, Thomas B. (2005). The Rise of Bronze Age Society. Cambridge University Press. pp. 342–343. ISBN 9780521843638. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2023. Besoek op 21 Desember 2021.
  7. Kristiansen, Kristian; Larsson, Thomas B. (2005). The Rise of Bronze Age Society. Cambridge University Press. p. 249. ISBN 9780521843638. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2023. Besoek op 21 Desember 2021.
  8. Erimtan, Can (2008). "Hittites, Ottomans and Turks: Ağaoğlu Ahmed Bey and the Kemalist Construction of Turkish Nationhood in Anatolia". Anatolian Studies. 58: 141–171. doi:10.1017/S0066154600008711. JSTOR 20455417. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 September 2018.

Hetiete

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne