Hongaars magyar | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˈmɒɟɒr] | |
Gepraat in: | Hongarye en dele van: Roemenië Slowakye Serwië Oekraïne Kanada Israel Oostenryk Kroasië Slowenië | |
Gebied: | Sentraal-Europa | |
Totale sprekers: | ca. 12,6 miljoen[1] | |
Rang: | 57 | |
Taalfamilie: | Oeraals Fins-Oegries Oegries[2] Hongaars | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet (Hongaarse variant) | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Europese Unie Hongarye Vojvodina Roemenië - verskeie plaaslike gebiede Slowakye (streekstaal) Kroasië (streekstaal) Slowenië (streekstaal) Burgenland Transkarpatië | |
Gereguleer deur: | Navorsingsinstituut vir Lingustiek van die Hongaarse Akademie vir die Wetenskap | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is nie 'n bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | hu
| |
ISO 639-2: | hun
| |
ISO 639-3: | hun
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Hongaars (magyar [ˈmɒɟɒr] of magyar nyelv Oegriese tak van die Fins-Oegriese taalfamilie, wat ook Estnies, Fins en Samies insluit, en is een van min moderne Europese tale wat nie van Indo-Europese oorsprong is nie. Hongaars is die amptelike taal van Hongarye en die omgangstaal van Hongaarse minderhede in sewe aangrensende lande. Die taal word in Hongaars magyar [ˈmɒɟɒr] genoem.
) behoort tot dieVan die sowat dertien miljoen moedertaalsprekers woon tien miljoen in die huidige Hongarye en die res oorwegend in gebiede van aangrensende lande, wat voor die Eerste Wêreldoorlog deel uitgemaak het van die Koninkryk van Hongarye binne Oostenryk-Hongarye. Die grootste van hierdie groepe is die Hongare in Roemenië met sowat 1,4 miljoen moedertaalsprekers. Daar is ook Hongaarse minderhede in Slowakye, Serwië, Oekraïne, Kroasië, Oostenryk en Slowenië. 'n Bykomende miljoen Hongaarstaliges woon in ander lande van Europa of oorsee.