iMovie | |
![]() | |
![]() | |
iMovie ’11
| |
Ontwikkelaar | Apple Inc. |
---|---|
Aanvanklike vrystelling | 5 Oktober 1999 |
Nuutste weergawe | 10.0.8/ 23 April 2015 |
Bedryfstelsel | Mac OS, Mac OS X |
Kategorie | Videoredigeringsagteware |
Lisensie | Eiendomsagteware |
Webblad | Apple - iMovie |
iMovie vir iOS | |
Ontwikkelaar | Apple Inc. |
---|---|
Aanvanklike vrystelling | 24 Junie 2010 |
Nuutste weergawe | 2.1.1/ 6 November 2014 |
Bedryfstelsel | iOS |
Kategorie | Videoredigeringsagteware |
Lisensie | Eiendomsagteware |
Webblad | Apple - iMovie |
iMovie is ’n eiendoms videoredigeringsagtewaretoepassing wat deur Apple Inc. verkoop word vir die Mac, iPhone, iPod Touch en iPad. Dit is aanvanklik in 1999 bekendgestel as ’n toepassing vir Mac OS 8 en is verpak saaam met die eerste FireWire-geaktiveerde Mac-model vir gebruikers — die iMac DV.[1] Sedert weergawe 3 is iMovie ’n Mac OS X-eksklusiewe toepassing wat ingesluit is in die iLife-pakket van Macintosh-toepassings.[2]
iMovie voer beeldmateriaal na die Mac in deur gebruik te maak van die FireWire-koppelvlak op die meeste MiniDV-formaat digitale videokameras of die rekenaar se USB-poort. Dit kan ook video en foto’s invoer vanaf ’n hardeskyf. Daarvandaan kan die gebruiker die foto’s en video’s redigeer en titels, musiek en effekte byvoeg insluitend basiese kleurkorreksie en videoverbeteringswerktuie en oorgange soos verdwyn en skuif.
{{cite web}}
: Check |url=
value (hulp)