InterCityExpress

Huidige ICE-trein (tipe 3)
Die huidige ICE-logo

Die InterCityExpress (ICE, oorspronklik InterCity Experimental genoem) is die hoësnelheidstrein van die Duitse Spoorweë (Deutsche Bahn).

In teenstelling met die Franse TGV of die Japannese Shinkansen-stelsel is die lokomotiewe, waens, snelspore en bedryf nie as 'n stelsel in geheel ontwerp nie, wat meebring dat die ICE sy maksimumsnelheid van 330 kilometer per uur tans slegs op bepaalde, nuut opgerigte dele van die spoorwegnet kan bereik.

ICE-trein tipe 1 (1989/1991)

Die ICE verbind die belangrikste Duitse stede met mekaar; sy internasionale bestemmings is Amsterdam, Brussel, Zürich, Basel, Luik, Interlaken, Chur, Innsbruck en Wene.

Vanaf die jaar 2007 word 'n verbinding tussen Parys en Frankfurt am Main beplan, wat saam met die bestaande TGV-verbinding tussen Parys en Stuttgart deel uitmaak van die Europese hoësnelheidsverbinding LGV Est européenne / POS (Parys-Oos-Frankryk-Suid-Duitsland).


InterCityExpress

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne