KV47 | ||
Die grafkelder van Siptah | ||
Siptah se sarkofaag in die grafkamer. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | Egipte | |
Ontdek | 18 Desember 1905 | |
Uitgrawings deur | Edward R. Ayrton (1905-1907) Harry Burton (1912-1913) Howard Carter (1922) MISR-projek: Mission Siptah-Ramses X (1999-tans) | |
Versiering | Treurmare van Re; Amdoeat; Dodeboek; Maät | |
← Vorige KV46 Volgende →
KV48 |
KV47 in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte, was die grafkelder van farao Siptah van die 19de Dinastie. Dit is op 18 Desember 1905 ontdek deur Edward R. Ayrton, wat uitgrawings gedoen het namens die Amerikaanse miljoenêr-sakeman Theodore M. Davis. Siptah se mummie is vroeër in 'n wegsteekplek in KV35 ontdek.[1] Dit was die laaste grafkelder van die 19de en 20ste Dinastie wat in die vallei ontdek is.[2]
Ayrton het sy uitgrawings in 1907 gestaak weens kommer oor veiligheid, en Harry Burton het in 1912 verder gegrawe. Die uitgrawing van 'n sygang is gestaak toe werkers tot in sykamer Ja van die grafkelder van Tiaa (KV32) vorder. Die grafkelder was onvoltooi toe dit gebruik is.[3]