| |||||
Nasionale leuse: Paix – Travail – Patrie (Frans) Peace – Work – Fatherland (Engels) (Afrikaans: "Vrede – Arbeid – Vaderland") | |||||
Volkslied: Ô Cameroun, Berceau de nos Ancêtres (Frans) O Cameroon, Cradle of Our Forefathers (Engels) (Afrikaans: "O Kameroen, Wieg van ons voorvaders") | |||||
Hoofstad | Yaoundé[1] | ||||
Grootste stad | Douala[1] | ||||
Amptelike tale | Engels en Frans | ||||
Regering | Unitêre dominante party presidensiële republiek onder 'n totalitêre diktatorskap[2][3] Paul Biya Joseph Dion Ngute | ||||
Onafhanklikheid • Verklaar
• Vereniging met Brits-Kameroen |
van Frankryk 1 Januarie 1960 1 Oktober 1961 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
475 442 km2 (53ste) 183 569 myl2 0,57 | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2005-sensus - Digtheid |
26 545 864[4] (51ste) 17 463 836[5] 39,7 / km2 (167ste) 102,8 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
MOI (2017) | 0,556[7] (151ste) – medium | ||||
Gini (2014) | 46,6[8] – medium | ||||
Geldeenheid | CFA-frank (XAF )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
WAT (UTC+1) nie toegepas nie (UTC+1) | ||||
Internet-TLD | .cm | ||||
Skakelkode | +237 |
Kameroen (Engels: Cameroon, [kæməˈruːn]; Frans: Cameroun, [kamˈʁun], ), amptelik die Republiek Kameroen (Republic of Cameroon; République du Cameroun), is 'n unitêre republiek in Sentraal-Afrika. Dit grens aan Nigerië, Tsjad, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, die Republiek van die Kongo, Gaboen, Ekwatoriaal-Guinee en die Golf van Guinee. Nadat dit oorspronklik 'n Duitse kolonie was word dit na die Eerste Wêreldoorlog tussen die Franse en Britte verdeel. In 1960 word Frans-Kameroen 'n onafhanklike republiek en smelt in 1961 met die suidelike deel van Brits-Kameroen saam om die Federale Republiek Kameroen te vorm. Dit word in 1972 herdoop tot die Verenigde Republiek Kameroen en die Republiek Kameroen (Engels: Republic of Cameroon of Frans: République du Cameroun) in 1984 (die amptelike tale is Engels en Frans). Kameroen het meestal stabiliteit ervaar wat die land toegelaat het om landbou, paaie, en spoorweë, sowel as 'n petroleumindustrie te ontwikkel. Ten spyte van beweging in die rigting van politiese hervorming bly mag stewig in die hande van 'n etniese oligargie.