Kamoeflering is die vermomming of wegsteek van voorwerpe deur die toepassing van kleur en vorm sodat 'n objek wat normaalweg sigbaar is teen die agtergrond verdwyn of moeilik uitkenbaar is. Kamoeflering is 'n vorm van misleiding. Die woord kamoeflering is afkomstig van die Franse woord camoufler, wat beteken "om te verdoesel".