Menkaoere (ook Menkaoera) was ’n Egiptiese farao van die 4de Dinastie tydens ’n tydperk bekend as die Ou Ryk. Hy was ook bekend onder sy Hellenistiese name, Mykerinos (deur Herodotus) en Mencheres (deur Manetho). Volgens Manetho was hy die opvolger van koning Bicheris, maar argeologiese bewyse dui daarop dat hy meer waarskynlik vir Chafra opgevolg het. Menkaoere het beroemd geword vir sy piramide by Giza en sy pragtige standbeel-triades, wat hom wys saam met godinne en sy vrou, Chamerernebty.
- ↑ Thomas Schneider: Lexikon der Pharaonen. Albatros, Düsseldorf 2002, ISBN 3-491-96053-3, page 163–164.