Noord-Amerika
Oppervlakte | 24 709 000 km² (3de) |
---|---|
Bevolking | 565 265 000 (2013, 4de) |
Bevolkingsdigtheid | 23/km² |
Lande | 23 |
Afhanklike gebiede | 22 |
Tale | Engels, Spaans, Frans, Nahuatl, Majaans en verskeie ander |
Tydsones | UTC-10 (Verenigde State) tot UTC±0 (Groenland) |
Grootste stede | Meksikostad New York Los Angeles Chicago Toronto Dallas–Fort Worth San Francisco Houston Miami Philadelphia Atlanta |
30° (Noord-Amerika) |
Noord-Amerika is 'n kontinent in die Noordelike Halfrond van die Aarde, wat byna uitsluitlik in die Westelike Halfrond geleë is. Dit word in die noorde begrens deur die Arktiese Oseaan, in die ooste deur die noordelike Atlantiese Oseaan, in die suidooste deur die Karibiese See en in die suide en weste deur die noordelike Stille Oseaan. Met 24 709 000 vierkante kilometer beslaan dit 4,8 persent van die aarde se oppervlak en is die derde grootste vasteland na Asië en Afrika.