'n Olifanttenk op Waterkloof Lugmagbasis | |
Tipe | Oorlogstenk |
---|---|
Oorsprong | Verenigde Koninkryk |
Diensgeskiedenis | |
In gebruik | 1946–hede (afgeleides steeds in diens) |
Oorloë | Koreaanse Oorlog Suezkrisis Indies-Pakistanse Oorlog van 1965 Sesdaagse Oorlog Indies-Pakistanse Oorlog van 1971 Uitputtingsoorlog Jom Kippoeroorlog Viëtnamoorlog Suid-Afrikaanse Grensoorlog Operasie Motorman (AVRE) Falklandoorlog (BARV) Golfoorlog (AVRE) |
Produksiegeskiedenis | |
Koste per eenheid | £35 000 (1950), £38 000 (1952)[1] |
Aantal gebou | 4 423[2] |
Spesifikasie | |
Massa | 52 t |
Lengte | Romp: 7,6 m Algeheel: 9,8 m met 20pdr |
Wydte | 3,38 m met syplate |
Hoogte | 3,01 m |
Bemanning | 4 (bevelvoerder, kanonnier, laaier, drywer) |
Pantser |
51–152 mm |
Primêre bewapening |
105 mm L7-kanon 20 pdr (84 mm) kanon 17 pdr (76,2 mm) kanon |
Sekondêre bewapening |
Mede-aksiale .30 kal Browning-masjiengeweer |
Enjin | Rolls-Royce Meteor; 5-gang Merrit-Brown Z51R Mk. F ratkas |
Enjinlewering | 480 kW |
Krag/massa | 9,2 kW/t |
Suspensie | Veranderde Horstmann |
Grondvryhoogte | 50,8 cm |
Operasionele bereik |
80 km Mk 2/Mk 3[3] |
Snelheid | 35 km/h |
Die Olifanttenk is 'n oorlogstenk wat deur "BAE Systems Land Systems South Africa" vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) gebou is. Die basiese ontwerp is afkomstig van die Britse Centuriontenk.
Die Centuriontenk is een van die mees gebruikte tenkontwerpe, en het weermagte oral oor die wêreld toegerus, met 'n paar nog steeds in diens tot die 1990's. So onlangs as die 2006 Israel-Libanonkonflik het die Israelse Weermag hoogsveranderde Centurions as gepantserde personeeldraers en vir geniewerk gebruik. Suid-Afrika het nog steeds meer as 200 Olifanttenks in diens: Die tenks van die SANW is gemoderniseer in die 1980's en weer in die 2000's, en die gevolglike model staan bekend as die Olifant.