Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Polenta



Polenta

Tradisionele stapelkos van Noord-Italië


Vlag van Italië Italië


Tradisionele bereiding

Paiolo
(koper- of gietysterketel)

Polenta is 'n soort mieliepap wat vanaf die 17de eeu – nadat Christophorus Columbus mielie as voedsame en produktiewe graansoort uit Sentraal-Amerika na Europa geneem het – in Noord-Italië en die suidelike Alpevalleie 'n stapelkos geword het. Hier word gekookte polenta, nadat dit afgekoel en 'n vaster tekstuur gekry het, ook gebak of gebraai.

Pietro Longhi: La polenta
Olie op doek, 1735-1741. Museo del Settecento Veneziano

Polenta het antieke voorlopers wat van inheemse graansoorte berei is. Graan is in Europa tradisioneel eerder as pap genuttig. So is mielie behandel soos ander graansoorte – dit is gedroog en fyngemaal tot griesmeel waarvan polenta berei kon word. Polenta is nog tot in die 1930's as stapelkos van laer inkomstegroepe beskou, maar het lankal ingang gevind tot die gesofistikeerde kookkuns.

In die Noordoos-Italiaanse streek Veneto, en hier veral in die provinsies Treviso, Padua en Venesië, word daar 'n onderskeiding gemaak tussen geel (polenta gialla) en wit polenta (polenta bianca).[1] Wit polenta word van 'n helder soort geskilde mielie berei. Dit het 'n minder intensiewe smaak as die geel variant en word in Veneto sodoende dikwels as bygereg saam met vis en ander seekos of groente bedien, maar pas ook uitstekend by wilds- en hoender- of selfs beesvleis. Vanweë sy sagte tekstuur is dit ook geskik vir soet nageregte.

In Lombardye en Piëmont word die voorkeur aan polenta uit growwe mieliemeel gegee. Bramata is 'n soort polenta wat eweneens van growwe mieliegries berei word en veral in Italiaanssprekende Switserland gewild is.

Buite die noorde van Italië het polenta ook deel van die kookkuns van Oostenrykse streke (soos Tirol, Karintië en Stiermarke), dele van Switserland (veral die Italiaanssprekende kanton Ticino, die kanton Grischun/Graubünden/Grigioni, en die Rynvallei van St. Gallen[2]), Provence, Spanje, Moldowa, Roemenië en ander streke op die Balkanskiereiland geword. As grits word dit in die Amerikaanse Suide saam met garnale, kaas of vleisbredies bedien.

  1. (it) innaturale.com: Polenta gialla e bianca: tutte le differenze. Besoek op 10 Julie 2019
  2. (de) Historisches Lexikon der Schweiz: Ernährung. Besoek op 10 Julie 2019

Previous Page Next Page






عصيدة من دقيق الذرة Arabic Polenta AZ Plent BAR Полента Bulgarian Polenta BR Polenta Catalan Polenta Czech Polenta Danish Polenta German Πολέντα Greek

Responsive image

Responsive image