| |||||
Volkslied: God Defend New Zealand (Engels vir: "God verdedig Nieu-Seeland") Koninklike volkslied: God Save the King (Engels vir: "God beskerm die koning") | |||||
Hoofstad | geen | ||||
Grootste stad | Scott-basis (NZ) McMurdo-stasie (VSA) | ||||
Amptelike tale | Engels (de facto) | ||||
Regering • Monarg
• Goewerneur-generaal |
Eksterne gebied van Nieu-Seeland Charles III Dame Cindy Kiro | ||||
Onafhanklikheid Stigting
• Geëis |
Koninkryk van Nieu-Seeland 1923 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
450 000 km2 170 000 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - Seisoenaal-skatting - Digtheid |
<1 000 (–) / km2 | ||||
Geldeenheid | Nieu-Seelandse dollar (NZD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
NZST (UTC+12) NZDT (UTC+13) | ||||
Internet-TLD | .nz, .aq | ||||
Skakelkode | +64 2409 |
Die Ross-Afhanklikheid (Engels: Ross Dependency) is 'n sektor van Antarktika wat deur Nieu-Seeland as deel van sy nasionale grondgebied beskou word. Die provinsie, 'n driehoekige gebied wat tot by die Suidpool strek, is omtrent 450 000 km² groot, wat dit byna twee keer so groot soos al die ander Nieu-Seelandse provinsies tesame maak. Dit is tussen die 150ste en 160ste westelike lengtegraad en die 60ste suidelike breedtegraad geleë.
Die Nieu-Seelandse soewereiniteit oor die gebied word slegs deur Australië, die Verenigde Koninkryk, Frankryk en Noorweë erken. Die Scott-eilande en die Balleny-eilande maak eweneens deel uit van die Ross-Afhanklikheid. Hulle is in 1923 deur die Verenigde Koninkryk aan sy voormalige dominium Nieu-Seeland oorgedra.