Sonsverduistering

Skematiese meetkunde van 'n volkome sonsverduistering (nie volgens skaal nie)
Foto van 11 Augustus 1999 se volkome verduistering

Soos van die aarde gesien, sal 'n verduistering of eklipsering van die son plaasvind wanneer die maan tussen die son en die aarde deurbeweeg, en die maan die skyf van die son ten volle, of gedeeltelik bedek, soos gesien van 'n ligging op die aarde. Dit kan slegs gebeur tydens 'n nuwemaan, wanneer die son en maan in konjunksie (of sameloop) is, soos van die aarde gesien. Minstens twee, en tot soveel as vyf sonsverduisterings kom jaarliks voor; hoogstens twee kan 'n volkome verduistering uitmaak.[1][2] Totale sonsverduisterings is nietemin seldsaam by enige spesifieke ligging aangesien totaliteit slegs langs 'n noue band op die aardoppervlakte voorkom, naamlik die pad van die maan se umbra.

Sekere mense, soms genoem "eklipsjagters" of "umbrafiele",[3][4] is bereid om na afgeleë bestemmings te reis, ten einde 'n voorspelde sentrale verduistering gade te slaan. Die sonsverduistering van 11 Augustus 1999 in Europa het blykbaar meegewerk om publieke belangstelling in die fenomeen aan te wakker wat blykbaar gelei het tot 'n ongewoon groot getal reise wat spesifiek onderneem is na die annulêre (of ringvormige) verduistering van 3 Oktober 2005, en dié van 29 Maart 2006.

Die laaste volkome verduistering was op 8 April 2024 in gedeeltes van die VSA; die volgende sal dié wees van 12 Augustus 2026 in die area van Groenland, Ysland, Spanje en Noordoostelike Portugal. Die verduistering van 15 Januarie 2010 en 26 Februarie 2017 was 'n ringvormige verduisterings.

'n Volkome sonsverduistering is 'n natuurverskynsel. Nietemin is sonsverduisterings in antieke tye, soos in sekere kulture vandag, toegeskryf aan bonatuurlike oorsake of beskou as kwade voortekens. 'n Volkome sonsverduistering kan vrees inboesem by mense wat nie oor die sterrekundige verklaring daarvan beskik nie, aangesien die son oordag blykbaar verdwyn, en die lug verdonker binne 'n kwessie van minute.

  1. Littmann, Mark; Espenak, Fred; Willcox, Ken (2008). Totality: Eclipses of the Sun. Oxford University Press. pp. 18–19. ISBN 0199532095.
  2. Vyf sonsverduisterings het in 1935 voorgekom. NASA (6 September 2009). "Sonsverduisterings oor vyf millenia". NASA se Eklipsblad. Fred Espenak, Projek- en webbladbestuurder. {{cite book}}: |access-date= requires |url= (hulp); Onbekende parameter |chapterurl= geïgnoreer (hulp)
  3. "Eklipsjagtery, in najaging van totale ontsag"
  4. "Hoekom ek nooit 'n eklips oorslaan nie"

Sonsverduistering

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne