Tonga

Koninkryk Tonga
Kingdom of Tonga (Engels)
Puleʻanga Fakatuʻi ʻo Tonga (Tongaans)
Vlag van Tonga Wapen van Tonga
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Ko e ʻOtua mo Tonga ko hoku tofiʻa
(Tongaans vir: "God en Tonga is my erfenis")
Volkslied: Ko e fasi 'o e tu'i 'o e 'Otu Tonga
(Tongaans vir: "Die lied van die koning van die Tonga-eilande")
Ligging van Tonga
Hoofstad Nukuʻalofa

21°8′S 175°12′W / 21.133°S 175.200°W / -21.133; -175.200

Grootste stad Nukuʻalofa
Amptelike tale Tongaans en Engels
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Tupou VI
Siaosi Sovaleni
Onafhanklikheid
• Huidige grondwet
• van die Verenigde Koninkryk

4 November 1875
4 Junie 1970
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
747[1] km2  (189ste)
288 myl2
4,0
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2021-sensus
 - Digtheid
 
104 889[1] (191ste)
100 209[2]
140 / km2 (76ste)
364 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$777 miljoen[3]
$7 811[3]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$545 miljoen[3]
$5 483[3]

MOI (2022) 0,739[4] (98ste)  –  hoog
Gini (2022) 27,1[5] –  medium
Geldeenheid Paʻanga (TOP)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC+13)
(UTC+14[6])
Internet-TLD .to
Skakelkode +676

Tonga (Engels: [ˈtɒŋə] of [ˈtɒŋɡə]; Tongaans: [ˈtoŋa][7]), amptelik die Koninkryk Tonga (Engels: Kingdom of Tonga; Tongaans: Puleʻanga Fakatuʻi ʻo Tonga), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië wat uit 169 eilande bestaan, waarvan 36 bewoon is. Tonga beslaan 'n oppervlakte van 747 km² en het 'n bevolking van 104 889 in 2024 gehad.[1]

Ligging van Tonga
Kaart van Tonga

Tonga is in die ooste van Fidji, in die suidooste van Wallis en Futuna, in die suide van Samoa, in die suidooste van Amerikaans-Samoa, in die weste van Niue en die Cookeilande en in die noorde van Nieu-Seeland geleë. Die hoofstad en grootste stad is Nukuʻalofa.

Die Nederlandse ontdekkingsreisiger Willem Schouten het Tonga in 1616 as eerste Europeër bereik, gevolg deur Abel Tasman in 1643. In 1773, 1774 en 1777 het die Britse ontdekkingsreisiger James Cook Tonga besoek. In 1845 het die ambisieuse jong vegter, strateeg en woordvoerder Tāufa'āhau Tonga as 'n koninkryk verenig en in 1875 tot 'n grondwetlike monargie verklaar. Tonga het 'n beskermde staat geword, nadat die koninkryk op 18 Mei 1900 met die Verenigde Koninkryk 'n Verdrag van Vriendskap onderteken het. Onder die beskerming van Groot-Brittanje kon Tonga as enigste Stille Oseaan-land sy soewereiniteit en monargiese regering behou (in teenstelling met Hawaii en Tahiti). Die Verdrag van Vriendskap en Tonga se beskermingsstatus het in 1970 volgens gevestigde reëlings, wat in 1965 deur Koningin Sālote Tupou III ingestel is, geëindig. Tonga is 'n unitêre parlementêre grondwetlike monargie binne die Britse Statebond met 'n eie monarg as staatshoof. Tonga is een van slegs vyf lande binne die Britse Statebond, waar 'n inheemse monarg op die troon sit (die ander vier is Broenei, Eswatini, Lesotho en Maleisië).

  1. 1,0 1,1 1,2 (en) "Tonga". Central Intelligence Agency. Besoek op 12 November 2024.
  2. (en) "Tonga's population drops to 100,209". Matangi Tonga. 24 Desember 2021. Besoek op 31 Desember 2021.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Tonga". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2024. Besoek op 12 November 2024.
  4. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 12 November 2024.
  5. (en) "Gini Index – Tonga". Wêreldbank. Besoek op 12 November 2024.
  6. (en) "Summer daylight saving moves Tonga 14 hours ahead of UTC". Matangi Tonga Online. 31 Oktober 2016. Besoek op 12 November 2024.
  7. (en) Churchward, C.M. (1985). Tongan grammar. Oxford University Press. ISBN 0-908717-05-9.

Tonga

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne