WV23 | ||
Grafkelder van Ai | ||
Die gerestoureerde sarkofaag met sy deksel in die grafkamer. | ||
Ligging | Vallei van die Konings | |
Land | Egipte | |
Ontdek | 1816 | |
Uitgrawings deur | Giovanni Battista Belzoni (1816) Otto Schaden (1972) | |
Versiering | Vier seuns van Horus; Ai aan die jag | |
← Vorige WV22 Volgende →
WV24 |
WV23, ook bekend as KV23, is die grafkelder van farao Ai in die westelike deel van die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Hy was van die 18de Dinastie. Die grafkelder is in 1816 deur Giovanni Battista Belzoni ontdek.
Die struktuur van die grafkelder stem baie ooreen met dié van Achenaten; dit het 'n steil aflopende gang wat lei na 'n putkamer sonder 'n skag. Dit lei na die grafkamer, wat nou die gerestoureerde sarkofaag bevat wat in antieke tye stukkend geslaan is. Die graf is toe ook geskend, met baie gevalle waar Ai se gesig of naam uitgewis is van muurskilderings. Die inhoud en kleur is soortgelyk aan dié van die grafkamer van Toetankamen (KV62).