waYao | |
---|---|
Nege- en tienjarige seuns van die waYao-stam neem deel aan besnydings- en inisiasierites (Maart 2005). | |
Totale bevolking: | 2 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Malawi Mosambiek Tanzanië |
Taal: | Chiyao Chichewa Engels Chitimbuka Swahili Portugees |
Geloofsoortuiging: | Islam |
Verwante etniese groepe: | Bantoevolke |
Die Yao, of waYao, is ’n groot Bantoevolk wat aan die suidpunt van die Malawimeer woon. Hulle het in die 19de eeu ’n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van Suidoos-Afrika. Die Yao is ’n hoofsaaklik Moslemvolk van meer as twee miljoen wat oor drie lande versprei is: Malawi, Mosambiek en Tanzanië. Hulle het ’n sterk kulturele identiteit wat oor die landsgrense heen strek.