Tweeblaarkanniedood | |
---|---|
Die grootste bekende Welwitschia is 1,4 m lank en meer as 4 m breed. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Gnetophyta |
Klas: | Gnetopsida |
Orde: | Welwitschiales |
Familie: | Welwitschiaceae |
Genus: | Welwitschia Hook.f. |
Spesie: | W. mirabilis
|
Binomiale naam | |
Welwitschia mirabilis Hook.f., (1862)
| |
Die verspreiding van die Welwitschia mirabilis. | |
Sinonieme[1] | |
|
Die Welwitschia, oftewel Tweeblaarkanniedood (Welwitschia mirabilis), is 'n besonderse plant wat voorkom in die kusstreke van Angola en Namibië. Dit is die enigste plant in die genus Welwitschia en daar word ook soms só na die plant verwys. Die genus is ook die enigste in die familie Welwitschiaceae en die kenmerkende plant is bekend vir sy gemiddelde leeftyd van 500 tot 600 jaar. Die plant word ook deur baie as 'n lewende fossiel beskou.[2] Die boom se FSA-nommer is 21.1[3]