Ysterhout | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Lamiales |
Familie: | Oleaceae |
Genus: | Olea |
Spesie: | O. capensis
|
Binomiale naam | |
Olea capensis |
Ysterhout (Olea capensis, ook basterswartysterhout, eerste-ysterboom, opregteswartysterhout, regteswartysterhout, witboekenhout, ysterboom, en yzerboom) is 'n boom wat voorkom langs die kus van Suid-Afrika en die hoëveld. Die bome groei as bosserige struike of klein tot middelgroot bome langs die kus. In die immergroen woude word die boom tot 40 m hoog. Die klein, welriekende blommetjies word in blomtakkies van ongeveer 6 cm lank gedra. Die vrugte word tot 2 cm lank, is eetbaar en word pers wanneer hulle ryp is. Dié spesie het drie subspesies.