Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Ysterhout

Ysterhout
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Lamiales
Familie: Oleaceae
Genus: Olea
Spesie:
O. capensis
Binomiale naam
Olea capensis

Ysterhout (Olea capensis, ook basterswartysterhout, eerste-ysterboom, opregteswartysterhout, regteswartysterhout, witboekenhout, ysterboom, en yzerboom) is 'n boom wat voorkom langs die kus van Suid-Afrika en die hoëveld. Die bome groei as bosserige struike of klein tot middelgroot bome langs die kus. In die immergroen woude word die boom tot 40 m hoog. Die klein, welriekende blommetjies word in blomtakkies van ongeveer 6 cm lank gedra. Die vrugte word tot 2 cm lank, is eetbaar en word pers wanneer hulle ryp is. Dié spesie het drie subspesies.


Previous Page Next Page