Al Jama-ah | |
Leier | Ganief Hendricks |
---|---|
Gestig | 23 April 2007 |
Hoofkwartier | Pinelands, Kaapstad |
Ideologie | Islam |
Amptelike kleure | Rooi, groen, swart en wit |
Webblad | www |
Al Jama-ah is 'n politieke party in Suid-Afrika. Die party is in 2007 gestig en hulle hoofkantoor is in Pinelands in Kaapstad. Hulle neem vir die eerste keer in 2009 aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing deel. Hulle het ook die jaar aan die provinsiale verkiesings in Wes-Kaap en KwaZulu-Natal deelgeneem.[1]
Die party het ten doel om Moslem-belange te ondersteun en Sharia-wette te handhaaf.[2]