Atlas | |
---|---|
Farnese Atlas, ’n 2de-eeuse Romeinse kopie van ’n Griekse werk (Napels)
| |
Naam | Atlas |
God van | Sterrekunde en navigasie |
Blyplek | Westelike rand van Gaia (die aarde) |
Simbool | aardbol |
Ouers | Iapetos en Asia of Klumene |
Kinders | Hesperide, Hiade, Hias, Plejades, Kalipso, Dione, Maira |
Romeinse eweknie | Atlas |
In die Griekse mitologie was Atlas (Grieks: Ἄτλας) een van die tweede geslag Titane (die eerste gode wat die heelal regeer het). Nadat Zeus die Titane verslaan het, is Atlas gedwing om die hemelruim vir altyd op sy skouers te dra. Hy moes die taak verrig vanaf die berge wat nou die Atlas-gebergte heet. In kunswerke word hy egter meestal uitgebeeld met die aarde op sy skouers en nie die hemelruim nie.[1]
Atlas was die seun van die Titaan Iapetos en die Okeanied Asia[2] of Klumene,[3] en die broer van Prometeus, Epimeteus en Menoitios.[4]