Heuwelstaat Historiese terrein Cahokia* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Monk's Mound is die grootste aardpiramide noord van Meksiko | |
Ligging van Cahokia in Verenigde State | |
Koördinate: 38°39′14″N 90°3′52″W / 38.65389°N 90.06444°W | |
Lande | Verenigde State |
Tipe | Kultuur |
Kriteria | iii, iv |
Verwysings | 198 |
Streek† | Amerikas |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1982 (6de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Cahokia is die plek van 'n antieke Indiaanse stad wat van omtrent 650 tot 1400 bestaan het. Die stad was aan die Mississippirivier, naby die hedendaagse Collinsville geleë en was in sy bestaanstydperk die grootste stad noord van Meksiko.
Cahokia het 'n oppervlakte van 8,9 km² beslaan. Hierop was 120 kunsmatige aardheuwels aangeleë, waarvan nog 80 bestaan. Die grootste heuwel is Monks Mound, bestaande uit vier verdiepinge en groter as die Groot Piramide van Giza in Egipte. Monks Mound is met 'n oppervlakte van 5 ha en 'n hoogte van 30 m die grootste prehistoriese aardheuwel op die Amerikaanse vasteland.
Cahokia Mounds is een uitstekende voorbeeld van 'n komplekse chiefdomsamelewing met baie grafheuwel-sentra en talle afgeleë gehuggies en dorpe. Op sy hoogtepunt tussen 1050 en 1150 het hierdie agrariese Mound Builders-samelewing waarskynlik 'n bevolking van tussen 10 000 en 20 000 gehad.
Cahokia is in 1982 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys en word as 'n National Historic Landmark beskerm.