| |||||
Nasionale leuse: Vivan siempre el trabajo y la paz (Spaans vir: "Mag die arbeid en die vrede ewig lewe") | |||||
Volkslied: Noble patria, tu hermosa bandera (Spaans vir: "Edele vaderland, jou wonderlike vlag") | |||||
Hoofstad | San José | ||||
Grootste stad | San José | ||||
Amptelike tale | Spaans1 | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek Rodrigo Chaves Stephan Brunner Mary Munive | ||||
Onafhanklikheid • van die Spaanse Ryk
• van die Eerste Meksikaanse Keiserryk • van die Sentraal-Amerikaanse Konfederasie • Erken deur Spanje • Huidige grondwet |
15 September 1821 1 Julie 1823 21 Maart 1847 10 Mei 1850 7 November 1949[1] | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
51 100 km2 (126ste) 19 700 myl2 1,05 (2015)[2] | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2022-sensus - Digtheid |
5 204 411[1] (124ste) 5 044 197[3] 84,9 / km2 (107de) 220 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,809[5] (58ste) – baie hoog | ||||
Gini (2022) | 47,2[6] – hoog | ||||
Geldeenheid | Colón (₡) (CRC )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
CST (UTC-6) nie toegepas nie (UTC-6) | ||||
Internet-TLD | .cr | ||||
Skakelkode | +506 | ||||
1. Mekatelyu, Bribri en Patois word as streekstale erken. |
Costa Rica (Spaans: [ˈkosta ˈrika], letterlik: "Ryk Kus"), amptelik die Republiek Costa Rica (Spaans: República de Costa Rica, [reˈpuβlika ðe ˈkosta ˈrika]), is 'n klein republiek in Sentraal-Amerika met 'n oppervlakte van 51 100 vierkante kilometer en 'n bevolking van 5,2 miljoen in 2023. Die land grens in die noorde aan Nicaragua, in die suidooste aan Panama, in die noorde en suide aan die Stille Oseaan en die Karibiese See in die ooste.[7]
Die Spaanse benaming vir die land, wat letterlik "Ryk Kus" beteken, was oorspronklik baie misleidend – die gebied was tydens die Spaanse koloniale bewind die mees agtergeblewe streek in Sentraal-Amerika.[8] Aangesien die gebied nie oor enige mineraalbronne beskik het en daar ook geen groot plantasies ontstaan het nie, is daar nouliks slawe uit Afrika ingevoer. Selfs die inheemse Indiaanse bevolking was reeds voor die koloniale tydperk baie klein sodat Costa Rica in teenstelling met sy buurlande 'n merendeels Europese blanke samelewing gebly het.
Reisverhale uit die 19de en vroeë 20ste eeu het die land as 'n soort "Switserland in Sentraal-Amerika" beskryf en sodoende na die vreedsame naasbestaan verwys wat sy oorwegend landelike bevolking van relatief welvarende kleinboere gevoer het.[9] Koffieverbouing was die vernaamste inkomstebron.
Sommige van hierdie beskrywings was moontlik oordrewe, maar die land het nogtans ná 300 jaar se koloniale bewind in 1821 van Spanje onafhanklik geword en tot 'n relatief stabiele demokrasie met hoë onderwysstandaarde, 'n hoë lewensverwagting, die hoogste per capita-inkomste in Sentraal-Amerika en min sosiale spanning tussen armes en welvarendes ontwikkel. Volgens die standaarde van die Menslike Ontwikkelingsindeks (MOI) was Costa Rica in 2021 op drie na die mees ontwikkelde land van Latyns-Amerika en 58ste op die wêreldwye ranglys.[5]
Costa Rica handhaaf daarnaas ook hoë ekologiese standaarde en sy strande en woude is gewild by toeriste, veral ekotoeriste. Die land het al lank ’n vreedsame demokrasie en sedert die 1950's geen weermag nie.[10] Dit was die eerste land wat volgens 'n aankondiging van sy regering in 2007 beplan om tot 2021 'n koolstofdioksied-neutrale samelewing te wees.[11]