| |||||
| |||||
Leuse: Bir kərə yüksələn bayraq, bir daha enməz! (Die vlag wat eens geopper is sal nooit val nie!) | |||||
Volkslied: Azərbaycan Marşı (Mars van Azerbeidjan) | |||||
Kaart van die Demokratiese Republiek Azerbeidjan | |||||
Hoofstad | Gence (tot September 1918) Bakoe | ||||
Taal/Tale | Azerbeidjans | ||||
Regering | Republiek | ||||
Wetgewer | Milli Məclis (Nasionale Vergadering) | ||||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | ||||
- Stigting | 29 Mei 1918 | ||||
- Besetting en anneksasie | 28 April 1920 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1918 | 99 908,87 km2 38 575 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1918 skatting | 2 000 000 | ||||
Digtheid | 20 /km² 51,8 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Manat |
Die Demokratiese Republiek van Azerbeidjan (DRA) (Azerbeidjans: Azərbaycan Xalq Cümhuriyyəti) was die eerste suksesvolle demokratiese en sekulêre republiek in die Islamitiese wêreld.[1][2][3] Dit was een van die kortstondige Turkssprekende sekulêre republieke wat ontstaan het ná die verbrokkeling van die Russiese Ryk en die opkoms van die Jong Turke in Turkye en die Jadid in Rusland. Kort voor die stigting van die Demokratiese Republiek Azerbeidjan het 'n ander Turkse volk, die Krim-Tatare, 'n soortgelyke poging onderneem, maar hulle Volksrepubliek Krim het tussen 1917 en 1918 minder as een maand lank bestaan.
Een van die belangrikste besluite van die parlement was die invoering van vroulike stemreg. Die Demokratiese Republiek van Azerbeidjan was sodoende nie net die eerste merendeels Islamitiese staat waar vroue dieselfde politieke regte soos mans verwerf het nie, maar ook een van die eerste state wêreldwyd.
Die huidige Republiek van Azerbeidjan beskou homself as vregsopvolger van die DRA.
{{cite web}}
: Cite has empty unknown parameter: |coauthors=
(hulp)