Edwin Lutyens | |
---|---|
Sir Edwin Landseer Lutyens. Mahonieborsbeeld deur Denis Parsons | |
Gebore | Edwin Landseer Lutyens 29 Maart 1869 |
Sterf | 1 Januarie 1944 (op 74) Londen, Verenigde Koninkryk |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Argitek, meubelontwerper |
Bekend vir | Castle Drogo India Gate Thiepval-gedenkteken Munstead Wood 100 King Street Die Senotaaf, Whitehall Lindisfarne Castle Nieu-Delhi Johannesburgse Kunsmuseum British School at Rome |
Eggenoot | Emily Bulwer-Lytton |
Kinders | 5 |
Sir Edwin Landseer Lutyens ([ˈlʌtjənz]; * 29 Maart 1869, † 1 Januarie 1944) was 'n Britse argitek en meubelontwerper wat bekendheid verwerf het met die verbeeldingryke manier waarop hy tradisionele argitektoniese style by die behoeftes van sy tyd aangepas het. Sy ontwerpe sluit baie Engelse herehuise (country houses) in wat in samewerking met die landskapsargitek en tuinontwerper Gertrude Jekyll (1843-1932) ontstaan het.
As die belangrikste Britse argitek van sy generasie[1] was Lutyens ook betrokke by die ontwerp en bou van 'n deel van die Indiese metropool Delhi wat later as Nieu-Delhi die setel van die Indiese regering geword het. In samewerking met Sir Herbert Baker het Lutyens daarnaas verskeie monumente in Delhi ontwerp soos die India Gate en die ampswoning van die Visekoning van Indië wat tans as die Rashtrapati Bhavan bekend staan.