Enstatiet | |
---|---|
Enstatiet | |
Formule | MgSiO3 |
Onsuiwerhede | Fe,Ca,Al,Co,Ni,Mn,Ti,Cr,Na,K |
Nickel-Strunz (10) | 9.DA.05 |
Kleur | wit, gelerig groen, bruin, groenerig wit of grys, olyfgroen |
Streep | grys tot wit |
Glans | glasagtig, pêrelagtig [1] |
Hardheid | 5-6 (Mohs) |
Digtheid | 3,2-3,9 g/cm3 |
Optiese eienskappe | |
Dubbelbreking | tweeassig (+) |
RI-waardes | nα = 1.650 - 1.668 nβ = 1.652 - 1.673 nγ = 1.659 - 1.679 |
Kristallografie | |
Kristalsisteem | ortorombies |
Ruimtegroep | Pbca |
Nommer | 61 |
Eenheidsel | a = 18.23 Å, b = 8.84 Å, c = 5.19 Å |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Enstatiet is 'n mineraal uit die inosilikate. Chemies is dit 'n magnesiummetasilikaat met die formule MgSiO3.
Die naam is Grieks vir teenstander, vanweë sy vuurvaste gedrag onder 'n blaaspyp. Die mineraal is dimorf met klinoënstatiet en vorm 'n reeks met ferrosiliet. Die behoort tot die pirokseengroep. Dit is dikwels geassosieer met olivien, flogopiet, klinopirokseen, diopsied, spinel en piroop. Dit kom wydverbreid voor in prokseniete, peridotiete en duniete, in ultramafiese insluitsels in alkaliese olivienbasalt en kimberliet; in mafiese (selde felsiese) vulkaniese materiaal. Van die vindplekke is Zdár in Tsjeggië, Ødegården in Noorweë, Dawros in Connaught Ierland. Kristalle word in Mbeya, Tanzanië en Liahobong, Lesotho aangetref.[2]
Die reeks mengkristalle (Fe,Mg)SiO3 (Ferrosiliet / enstatiet) word dikwels pirokseen genoem. Dit is 'n baie belangrike mineraal want dit vorm tot ~25% van die boonste laag van die aarde se mantel. Pirokseen transformeer na 'n monokliniese struktuur by hoë druk en dit is dalk die oorsaak van die oorgang -die 'X-diskontinuïteit' wat op 220 km diep in die mantel van die aarde waargeneem word.[3]