Die Britse Akademie se perseel by 10–11 Carlton House Terrace.
Genoot van die Britse Akademie (post-nominale letters: FBA, Afrikaans: GBA) is 'n prys wat toegeken word deur die Britse Akademie aan leidende akademici vir hul uitstaande bydrae[1] in die geesteswetenskappe en sosiale wetenskappe.[2] Die kategorieë is:[3]
Korresponderende Genote – navorsers wat oorsee woon
Eregenote – 'n akademiese eretitel (waarvolgens die post-nominale letters "Hon FBA" gebruik word)
Oorlede Genote – Vorige genote van die Britse Akademie
Die toekenning is gebaseer op gepubliseerde werk, en Genote mag die post-nominale letters FBA (Afrikaans: GBA) gebruik. Voorbeelde van Genote is M.I. Finley, Edward Rand, Mary Beard, Roy Porter, Nicholas Stern, Michael Lobban, M.R. James, Friedrich Hayek, John Maynard Keynes en Rowan Williams.