Gilbert Ryle | |
Portret van Gilbert Ryle deur Rex Whistler
| |
Gebore | Brighton, Engeland | 19 Augustus 1900
---|---|
Oorlede | 6 Oktober 1976 (op 76) Whitby, Engeland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Vakgebied | Taal, gewone taalfilosofie, denkbegrip, behaviorisme, betekenis, kognisie |
Alma mater | The Queen's College, Oxford |
Bekend vir | Kategorie-fout, Ryle se regressie, gewone taalfilosofie, spook in die masjien, weet-hoe vs. weet-dit, onderwerp-neutraliteit[1] |
Beïnvloed deur | René Descartes, Arthur Schopenhauer, Ludwig Wittgenstein, Edmund Husserl[2] |
Invloed op | J.L. Austin, A.J. Ayer, John Searle, R.M. Hare, Wilfrid Sellars, Daniel Dennett, Richard Webster, Ullin Place, Clifford Geertz, Gerald Cohen, P.F. Strawson, Michael Dummett[3][4] |
Gilbert Ryle (Brighton, 19 Augustus 1900 – Witby, 6 Oktober 1976), was 'n filosoof en 'n verteenwoordiger van die generasie van Britse taalfilosowe (die sogenaamde ordinary language philosophers) wie beïnvloed word deur Wittgenstein se taalfilosofie. Hy is veral bekend vanweë sy kritiek op die dualisme van René Descartes, waarvoor hy die omskrywing “die spook in die masjien” (the ghost in the machine) formuleer. Sommige van sy filosofiese idees word as 'n vorm van "filosofiese behaviorisme" omskryf.
Sy belangrikste werk The Concept of Mind publiseer hy in 1949. Hierin stel hy ook dat die "general trend of this book will undoubtedly, and harmlessly, be stigmatised as behaviourist ". Self ag hy, veral vanweë sy intensiewe studie van die werke van Bernard Bolsano, Frans Brentano, Alexius Meinong, Edmund Husserl, en Martin Heidegger, homself meer as 'n fenomoloog.