Internet- en netwerkprotokolle | |
---|---|
Toepassingvlak: | DNS FTP Gopher HTTP HTTPS IMAP IRC NNTP POP3 RTP SIP SMTP SNMP SSH SSL Telnet UUCP XMPP |
Versendvlak: | DCCP SCTP TCP UDP |
Netwerkvlak: | ARP ICMP IGMP IP(IPv4, IPv6) RARP |
Dataskakelvlak: | ATM Ethernet FDDI PPP Token ring Wi-Fi |
volgens die TCP/IP-model |
IRC (Engels: Intenet Relay Chat) is 'n internet-kommunikasieprotokol wat gebruik kan word vir kletskamers. Dit is veral geskik vir groepsgewyse (een-tot-baie) kommunikasie, maar direkte een-tot-een kommunikasie tussen persone word ook toegelaat.
IRC is oorspronklik in Finland deur Jarkko Oikarinen (beter bekend onder die bynaam WiZ) in Augustus 1988 ontwerp om die toepassing MUT (Multi User Talk) mee te vervang.