Ian Standish Monteith Hamilton | |
---|---|
Sir Ian Hamilton | |
Geboortedatum | 16 Januarie 1853 |
Geboorteplek | Korfu, Griekeland |
Sterfdatum | 12 Oktober 1947 (94 jaar oud) |
Sterfplek | Londen, Engeland |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk |
Diens/Tak | Britse leër |
Jare in diens | 1873–1915 |
Rang | Generaal |
Eenheid | Middellandse See ekspedisiekrag Suider-instruksies 3de Brigade 1ste Gordon Highlanders |
Veldslae/oorloë | Tweede Anglo-Afghaanse Oorlog Eerste Vryheidsoorlog Mahdi-oorlog Russies-Japannese Oorlog |
Toekennings | Knight Grand Cross of the Order of the Bath Knight Grand Cross of the Order of St Michael and St George Distinguished Service Order Territorial Decoration Orde van die Rooi Arend (Pruise) Orde van die Kroon (Pruise) Orde van Verdienste (Spanje) Orde van die Heilige skat (Japan) |
Ander werk | Luitenant van die toring (1918-1920) Rektor van die Universiteit van Edinburg (1932-1935) |
Sir Ian Standish Monteith Hamilton (16 Januarie 1853 – 12 Oktober 1947) was 'n Britse generaal en is in Korfu gebore. Hy veg die eerste keer in Afghanistan in 1878 en neem daarna deel in 1880 in die Slag van Majuba. Hierna doen hy diens in die Ooste en keer in 1899 na Suid-Afrika terug. Hy neem deel onder andere aan die Slag van Elandslaagte, Slag van Platrand en die Slag van Diamond Hill. Hy word bevorder tot generaal-majoor en word stafhoof van lord Herbert Kitchener. Hy was in bevel van die mobiele eenhede in Wes-Transvaal waarvan een Johannesburg beset het. Hy het ook 'n aantal boeke geskryf oor sy herinneringe in Suid-Afrika.