Jane Austen | |
---|---|
Portret, ca. 1810 | |
Gebore | 16 Desember 1775 |
Sterf | 18 Julie 1817 (op 41) Winchester, Engeland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Romanskrywer |
Bekend vir | Sense and Sensibility (1811) Pride and Prejudice (1813) Mansfield Park (1814) Emma (1815) Northanger Abbey (1818) Persuasion (1818) |
Ouer(s) | Cassandra en George Austen |
Handtekening | |
Jane Austen (Steventon, 6 km suidwes van Basingstoke, Hampshire, 16 Desember 1775 – Winchester, 18 Julie 1817) was 'n Engelse skryfster. Haar vader was die predikant by Steventon. Sy het beroemdheid verwerf met haar liefdesromans wat oor die Engelse hoërlui handel en haar slim en amusante beskrywings van sosiale gedrag. Talle van haar romans is nog steeds gewild en is soms voorgeskrewe boeke op skool. Haar realisme en gevatte sosiale kommentaar maak haar werk van historiese belang onder akademici.[1] Talle van haar boeke is verfilm.[2]