John Cabot | |
---|---|
Gebore | ca. 1450 Castiglione Chiavarese, Republiek Genua of Gaeta, Koninkryk Napels |
Sterf | ca. 1498 of 1500 |
Nasionaliteit | Venesië |
Beroep | Navigator en ontdekkingsreisiger |
Bekend vir | Eerste Europeër sedert die Noorse kolonisasie om dele van Noord-Amerika se kus te verken |
Eggenoot | Mattea |
Kinders | Ludovico, Sebastian en Sancto[1] |
John Cabot (Italiaans: Giovanni Caboto; Venesiaans: Zuan Chabotto; 1450–1498) was ’n Italiaanse seevaarder en ontdekkingsreisiger wat vir koning Hendrik VII van Engeland gewerk en in 1497 die kus van Noord-Amerika bereik het.[2] Hy het in 1497 vanaf Engeland weswaarts in sy skip, die Matthew, gevaar, en gedink hy het Asië ontdek.[3] Hy het egter Kanada ontdek, wat hy vir koning Hendrik VII opgeëis het.[4] Die presiese plek waar Cabot geland het is nie bekend nie.