Die Jonger Dame is die informele naam wat gegee is aan ’n mummie wat in 1898 deur die argeoloog Victor Loret in tombe KV35 in die Vallei van die Konings in Egipte ontdek is.[1] Met onlangse DNS-toetse is sy geïdentifiseer as die ma van faraoToetankamen en die dogter van farao Amenhotep III en koningin Tije. Sy word ook KV35YL ("YL" vir Younger Lady) en 61072 genoem,[2] en is tans in die Egiptiese Museum in Kaïro.
Eers is geglo dis dalk die mummie van koningin Nefertiti, wat steeds moontlik is, maar DNS-toetse het dit nie bevestig nie.[3][4]
↑Reeves, Nicholas. Wilkinson, Richard H. The Complete Valley of the Kings. bl. 100. Thames & Hudson. 1997. (Herdruk) ISBN 0-500-05080-5
↑Smith, G. Eliot. The Royal Mummies bl. 117 Duckworth Publishers, 2000