Karakalpakke | |
---|---|
Karakalpakke in Oesbekistan | |
Totale bevolking: | ca. 620 000 |
Belangrike bevolkings in: | Oesbekistan
|
Taal: | Karakalpaks, Oesbekies, Russies |
Geloofsoortuiging: | Soennitiese Islam |
Verwante etniese groepe: | Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Oesbeke, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene |
Die Karakalpakke (Karakalpaks: Qaraqalpaqlar, Қарақалпақлар, قاراقلپقلر) vorm die tweede grootste Turkse etniese groep in Oesbekistan naas die Oesbeke. Hulle vorm die titulêre nasie van Karakalpakië, 'n outonome republiek in Oesbekistan, en praat Karakalpaks, 'n Turkse taal, as moedertaal.[1] Die naam Qaraqalpaq is afgelei van twee woorde: qara beteken "swart" en qalpaq "hoed"; Karakalpak beteken dus "swart hoed" en verwys na die Karakalpakke se tradisionele hoofbedekking.[2]
Sedert die 16de eeu is Karakalpakke langs die Sirdarja se rivierloop as veeboere bevestig.[3] Tydens die 18de eeu het die Karakalpakke hulle langs die Amoedarja se (voormalige) monding in die Aralmeer gevestig. Wêreldwyd leef tans omtrent 620 000 Karakalpakke, waarvan sowat 500 000 outonome Republiek Karakalpakië van Oesbekistan bly. Hulle is nes ander Turkse volke van Sentraal-Asië aanhangers van die Soennitiese Islam.[4]