Margaret Atwood | |
---|---|
Margaret Atwood by die Eden Mills Writers Festival 2006 in Blackwattle Bay | |
Gebore | Margaret Eleanor Atwood 18 November 1939 |
Nasionaliteit | Kanada |
Alma mater | Universiteit van Toronto Harvard-universiteit |
Beroep | Romanskrywer, digter, sakevrou, omgewingsaktivis |
Bekend vir | Surfacing (1972) The Handmaid's Tale (1985) Cat's Eye (1988) Alias Grace (1996) The Blind Assassin (2000) Oryx and Crake (2003) |
Eggenoot | Jim Polk (1968–1973; geskei) Graeme Gibson (1973–2019; sy dood) |
Kinders | 1 |
Ouer(s) | Carl Edmund Atwood Margaret Dorothy (née Killam) |
Geloof | Agnostisisme |
Webwerf | margaretatwood.ca |
Handtekening | |
Margaret Eleanor Atwood (gebore op 18 November 1939 in Ottawa, Ontario, Kanada) is 'n Kanadese outeur, digter, literatuurkritikus, feminis en aktivis. Sy is een van die beroemdste skrywers van die laaste 50 jaar en is reeds beloon met die Arthur C. Clarke-toekenning, die Prins van Asturias-toekenning vir letterkunde, verskyn ses keer op die kortlys vir die Booker-prys wat sy twee keer gewen het, en is sewe keer reeds 'n finalis vir die Kanadese Governor General's Award wat sy ook twee keer gewen het.