’n Nasionale vlag is ’n vlag wat ’n land verteenwoordig. Die vlag word amptelik deur die regering gebruik maar kan ook deur landsburgers gebruik word. Van die nasionale vlae is die vernaamste kentekens wat ’n land kan verteenwoordig.
Openbare en privaatgeboue soos skole, polisiekantore en landdroshowe het gewoonlik ’n vlagpaal waaraan die nasionale vlag hang. In sommige lande mag die nasionale vlag slegs op sekere vlagdae by nie-militêre geboue vertoon word.