አባይ ወንዝ, ʿAbbai - النيل, an-Nīl – Nile - ⲫⲓⲁⲣⲱ, P(h)iaro | |
---|---|
Die Nylrivier in Egipte. | |
Die stroomgebied van die Nylrivier. | |
Oorsprong | Wit Nyl (Burundi) Blou Nyl (Ethiopië) |
Monding | Nyldelta, Egipte Middellandse See |
Stroomgebied | Demokratiese Republiek van die Kongo, Tanzanië, Burundi, Rwanda, Uganda, Kenia, Suid-Soedan, Ethiopië, Soedan, Eritrea, Egipte |
Lengte | 6 650 km (4 132 myl) |
Oorspronghoogte | 2 700 m (8 858 voet) |
Mondinghoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 2 830 m³/s (99 941 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 3 400 000 km² (1 312 747 myl²) |
Kaart van die Nylrivier-bekken in Afrika.
|
Die Nylrivier (Amharies: አባይ ወንዝ, ʿAbbai; Arabies: النيل, an-Nīl; Engels: Nile; Kopties: ⲫⲓⲁⲣⲱ, P(h)iaro) is 'n groot noord-vloeiende rivier in Afrika. Die rivier, met 'n lengte van 6 650 km (4 132 myl), word algemeen beskou as die langste rivier in die wêreld.[1] Dit is egter omstrede (en nog nie duidelik nie) of hy nie na die Amasonerivier as die tweede langste rivier gerangskik moet word nie.[2]