Wikipedia-portale: Musiek · Letterkunde · Sport · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Fisika · Chemie · Biologie · Sterrekunde · Krieket · Rugby · Vlae en wapens
Sterrekundeportaal
|
|
Welkom in die ruimte!
Sterrekunde (ook astronomie genoem, wat "die wette van die sterre" beteken) is 'n wetenskap wat die waarneming en verduideliking van gebeurtenisse buite die Aarde se atmosfeer behels. Die oorsprong/kosmologie, fisiese en chemiese eienskappe van voorwerpe wat in die hemelruim waargeneem kan word, word bestudeer. Waarnemings sluit die volgende in: mane, planete en eksoplanete, sterre, newels en sterrestelsels. Gebeurtenisse sluit in supernovas, gammastraaluitbarstings, die Oerknal en kosmiese agtergrondstraling. Kosmologie is 'n onderafdeling van sterrekunde wat fokus op die studie van die oorsprong en evolusie van die heelal (dus, hoe alles begin en ontwikkel het) en behandel verskynsels wat buite die atmosfeer van die aarde voorkom, insluitend supernova-ontploffings, gammastraaluitbarstings, en kosmiese agtergrondstraling. Sterrekunde is een van die min wetenskappe waar amateurs steeds 'n rol speel, veral met die ontdekking en monitering van verskynsels van 'n verbygaande aard, soos komete en meteore. | |
Sterartikel
|
|
Titaan (Grieks: Τῑτάν; ook Saturnus VI) is die grootste natuurlike satelliet van Saturnus en die tweede grootste in die Sonnestelsel. Dit is groter as enige van die dwergplanete. Dit is die enigste maan met 'n digte atmosfeer en die enigste liggaam in die ruimte buiten die Aarde waarop duidelike bewyse van stabiele oppervlakvloeistof gevind is. Titaan is een van sewe mane van Saturnus wat in hidrostatiese ewewig is en dus rond gedruk is deur sy swaartekrag. Van dié sewe is hy die tweede verste van die planeet af. Titaan word dikwels beskryf as 'n planeetagtige maan; sy deursnee is 50% groter as dié van die Aarde se Maan en sy massa is 80% groter. Dit is die grootste maan in die Sonnestelsel naas Jupiter se Ganumedes en is groter as die planeet Mercurius, maar sy massa is net 40% van Mercurius s'n. Titaan is in 1655 deur die Nederlandse sterrekundige Christiaan Huygens ontdek. Dit is Saturnus se eerste bekende maan en die sesde bekende maan in die Sonnestelsel, naas die Aarde se Maan en Jupiter se mane van Galilei. Titaan wentel 20 Saturnusradiusse van sy planeet af. Titaan bestaan hoofsaaklik uit ys en rotsagtige materiaal, en het waarskynlik 'n rotskern, omring deur verskeie lae ys, insluitende 'n kors van ys en 'n laag ammoniakryke vloeibare water onder die oppervlak. Nes met Venus voor die ruimtetydperk het Titaan se digte atmosfeer enige kennis van sy oppervlak verhoed, totdat die Cassini-Huygens-sending in 2004 nuwe inligting versamel het, insluitende die ontdekking van koolwaterstofmere in Titaan se poolstreke en van sy atmosferiese superrotasie, wanneer 'n liggaam se atmosfeer vinniger roteer as die liggaam self. Die geologies jong atmosfeer is oor die algemeen glad, met min impakkraters, hoewel berge en moontlik 'n paar kriovulkane waargeneem is. Titaan se atmosfeer bestaan hoofsaaklik uit stikstof; kleiner dele lei tot die vorming van metaan- en etaanwolke en 'n digte mis. Die klimaat – insluitende wind en reën – veroorsaak oppervlakverskynsels soortgelyk aan dié op die Aarde, soos duine, riviere, mere, seë (moontlik van metaan en etaan) en deltas. Dit word ook oorheers deur seisoenale weerpatrone soos op die Aarde. Met sy vloeistowwe (beide bo en onder die oppervlak) en digte stikstofatmosfeer lyk Titaan se metaansiklus treffend baie soos die aarde se watersiklus, hoewel teen 'n laer temperatuur van sowat 94 K (-179 °C). As gevolg hiervan is Titaan al beskryf as die aardagtigste hemelliggaam in die Sonnestelsel. | |
Ons Sonnestelsel
|
|
Asteroïdegordel • Dwergplanete (Ceres • Orcus • Pluto • Haumea • Quaoar • Makemake • Gonggong • Eris • Sedna) • Hillswolk • Klein sonnestelselliggame (Kleinplanete • Asteroïdes • Naby-aarde-voorwerpe • Sentoure • Trans-Neptunus-voorwerpe • Komete) • Kuiper-gordel • Lokale Borrel • Mane • Meteoroïdes • Oort-wolk • Planete (Aardplanete • Mercurius • Venus • Aarde • Mars • Gasreuse • Jupiter • Saturnus • Ysreuse • Uranus • Neptunus) • Son (Heliosfeer • Sonlig • Sonvlekke • Sonvlamme • Plasmawolke • Newelhipotese) • Verstrooide skyf | |
Het jy geweet?
|
|
| |
Sterrekundige gebeure, 2024
|
||||||||||||||||
| ||||||||||||||||
Sterfoto
|
|
Die Krapnewel (ook bekend as Messier 1 of NGC 1952) is ’n supernova-oorblyfsel en pulsarwind-newel in die sterrebeeld Bul. Dit is in 1731 deur John Bevis waargeneem; dit stem ooreen met die helder supernova SN 1054 wat in 1054 gesien is deur Arabiese, Chinese en Japannese sterrekundiges. Meer oor die Krapnewel . . . | |
Sterrekundekategorieë
|
|
Asterismes • Astrofisika • Dwergplanete • Hemelliggame • Komete • Mane • Meeteenhede in sterrekunde • Melkweg • Messier-voorwerpe • Newels • Planete • Ruimtevaart • Sonnestelsel • Sterre • Sterrebeelde • Sterrekundiges • Sterrestelsels • Sterreswerms • Teleskope | |
Soorte sterre
|
|
ART-ster • Bloudwaalster • Bloudwerg • Bloureus • Bruindwerg • Cepheïed • Dubbelster • Geeldwerg • Helder reus • Herbig Ae/Be-ster • Hiperreus • Hoofreeksster • Intergalaktiese ster • Kompakte ster • Kwarkster • Mira-veranderlike • Neutronster • Nova • Opvlamster • Poolster • Pulsar • Reusester • Rooidwerg • Rooireus • RR Lyrae-ster • Sirkumpolêre ster • Skilster • Subdwergster • Subreusester • Supernova • Superreus • Swartdwerg • T Tauri-ster • Veelvoudige ster • Veranderlike ster • Witdwerg • Wolf-Rayetster • X-straaldubbelster | |