Richard Rive (* 1931 in Kaapstad, † 1989 in Kaapstad) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer wat in sy werke die werklikheid van die rasseskeiding in Suid-Afrika, soos dit deur nie-blankes ervaar is, behandel het. Rive was betrokke in die stryd teen apartheid en in teenstelling met baie van sy kollegas het besluit om in Suid-Afrika te bly.[1]
Rive is in 1931 in Distrik Ses, een van Kaapstad se bekendste bruin-werkersbuurte gebore. Hy volg 'n akademiese loopbaan en studeer aan Suid-Afrikaanse en oorsese universiteite. In 1965 is 'n Fulbright-beurs en later 'n beurs vir verdere navorsingswerk aan die Universiteit van Oxford (Verenigde Koninkryk) aan hom toegeken. Hier doen hy ook sy doktoraal oor die Suid-Afrikaanse skryweres Olive Schreiner.[2]
'n Groot deel van Rive se literêre werke verskyn in die sestigerjare, soos die kortverhale Daggasmoker's Dream en The Bench, wat op die gruweldade van die apartheidstelsel konsentreer. Aanvanklik bly kortverhale Rive se literêre gunstelingvorm, en hy publiseer sy verhale in bundels of in tydskrifte soos Drum en Fighting Talk. Daarnaas skryf hy drie romans: Emergency (1964), 'Buckingham Palace', District Six (1986) en Emergency Continued (1990). Sy outobiografie Writing Black verskyn in 1981.
Sy laaste roman is postuum gepubliseer, nadat Rive in 1989 in sy huis in Kaapstad vermoor is.[3][4]