Samaritane | |
---|---|
Samaritane op Berg Garizim | |
Totale bevolking: | 796 (2017) |
Belangrike bevolkings in: | Israel (veral Holon) 415[1] Kirjat Loeza, Wesoewer (gesamentlike Israeliese en Palestynse beheer[2]) 381[1] |
Taal: | Moderne omgangstale: Hebreeus, Arabies |
Geloofsoortuiging: | Samaritaïsme |
Verwante etniese groepe: | Jode,[4][5][6][7] ander Levantyne en Semitiese volke[8][9] soos Arabiere[10][5] • Assiriërs[5][8] |
Die Samaritane (Samaritaanse Hebreeus: ࠔࠠࠌࠝࠓࠩࠉࠌ, Sjomerim (שַמֶרִים), "Bewakers/bewaarders/beleeraars (van die Tora)") is 'n etnies-godsdienstige groep inheems aan die Levant en nes die Jode afkomstig van die Israeliete (of Hebreërs) van die antieke Midde-Ooste. Vandag is daar sowat 800 Samaritane. Hulle bly in die dorp Kirjat Loeza op Berg Garizim naby Nablus, Wesoewer, en in die Israeliese stad Holon naby Tel Aviv.
In die 4de eeu was daar volgens skattings enkele honderdduisende Samaritane, maar na eeue se onderdrukking, slagtings, grootskaalse bekeringe tot Christendom in die laat-Antieke Romeinse Ryk en die opkoms van Islam was daar in 1917 nog 146 Samaritane oor. Die naam van die Samaritane is afgelei van die landstreek Samaria waar dié volk ontstaan het. Hulle noem hulself Sjomerim (Bewakers/bewaarders/beleeraars). Die Samaritane praat moderne Hebreeus of Palestynse Arabies. Vir die liturgie gebruik hulle eie variante van die klassieke Hebreeus en Aramees.
Vir Christene is veral die veral van die "Barmhartige Samaritaan" bekend. Volgens die Evangelie volgens Lukas (10,30[11]–37[12]) het 'n Samaritaan 'n ernstig beseerde man versorg, hom na 'n hospitaal gebring en vir sy verdere mediese behandeling betaal, terwyl 'n Joodse priester en 'n Leviet hom geïgnoreer het. Van hierdie verhaal is die benaming vir 'n onselfsugtige helper en verskeie hulporganisasies afgelei.
Jesus gaan toe nader daarop in deur te sê: "Toe 'n man eenmaal op pad was van Jerusalem af na Jerigo toe, het rowers hom aangeval. Hulle het hom kaal uitgetrek en hom geslaan dat hy halfdood bly lê, en toe padgegee.
Die wetgeleerde antwoord: "Die man wat aan hom medelye bewys het." Toe sê Jesus vir hom: "Gaan maak jy ook so."